KKNK Oogwink 'n Kunstenaarsblik

Oogwink: ’n kunstenaars blik

Die tema vergestalt losweg rondom konsepte van die meta-modernisme wat weifel tussen ’n modernistiese betrokkenheid en post-modernistiese onbetrokkenheid. ’n skeppende kom-ons-kyk-proses. Om te sien is om te begryp, daarom die klem op die oog en die blik. Ogenblik=oomblik.

Die tentoonstelling word in drie dele aangebied:

  1. ’n Solotentoonstelling waarvan die onlangse werke ’n reeks reuse portrette is wat die toeskouer met ’n direkte blik konfronteer. In kontras met die reuse-werke is daar ’n reeks oogjuwele wat as miniatuur kunswerkies aangebied word. Die installasie-stuk, getiteld Beskawing, verwys na koloniale en post-koloniale aspekte van kultuurskepping. Die res van die werke vorm ’n mini oorsigtelike tentoonstelling uit die kunstenaar se oeuvre. Terugblik – vanaf sy studentejare tot nou.


  2. Die kunstenaar as kurator. Nege kunstenaar word genooi om ’n werk binne die tema, ‘Beskawing, te maak. Kunstenaars sluit o.a. in, Ruan Huisamen, Klara- Marie Den Heijer en Marie Stander.


  3. ’n Herskepping van die kunstenaar se werkruimte/studio om vir die publiek ’n blik te bied hoe en waar die kunstenaar wek en wat hom inspireer en bemoedig. Die kunstenaar sal gedurende die tentoonstelling vir periodes hier werk.