Probeer verskillende soorte, groot en klein
Ek het baba winterpampoentjies individueel gestop en vir elke gas as voorgereg opgedien.
Dis so mooi en geurig met die dekseltjie en al!
Verhit jou oond tot 180 grade. Sny die top van die pampoen mooi af, soos ‘n dekseltjie en ‘n pot. Hol die sade uit en werk die binnekant glad af. Smeer binne en buite met okkerneutolie of ‘n goeie olyfolie.
Braai ‘n bietjie uie en knoffel in kokosneut olie tot dit karamaliseer. Voeg sampioene en lensies by wat reeds geweek en gekook is.
Jy kan yskas skoon maak en als wat lekker is byvoeg, soos neute, sade, kruie en nog knoffel. Ek gebruik graag swart knoffel en beluga rys wat so effen gekook is.
Geur lekker met brandrissie vlokkies, sout en peper.
Ek het ‘n pampoentjie die ander dag met net vars spinasie, knoffel en dennesade gestop. Sout en peper natuurlik. Dit was wonderlik.
Probeer ‘n groente kerrie maak waarby jy pitlose rosyne of rooibosbessies. ( ja, slimkop, dis Cranberries in Afrikaans!)
Draai die pampoen met sy deksel in ‘n dubbellaag tinfoelie toe en bak vir omstreeks 45 minute tot sag, maar nie pap nie.
Bestandele:
Enige middelslag pampoen, uitgehol en gestop met net wat jou hart begeer. Die pampoen lyk pragtig in die middel van die tafel en almal skep en skep weer. Dis natuurlik nie geskik vir dis aand wat die Burgemeester by jou kom eet nie. Of miskien wel, as hy jou broer, skoonpa of dalk skelmpie is!
Omdat soetpampoen en pampoenkoekies so stunning is, het ek een van die wit pampoentjies verlede Saterdag met neute, rosyne, droë perskes( oornag geweek! ) en ja, regtig, malvalekker gestop. Goed ge-kaneel en ge-bruinsuiker. Dit was om van stuipe te kry! Ek weet daar êrens tussen julle is ‘n peppermintcrisp resep wat aan die uitbroei is! Stuur hom in. Dalk wen jy die MM Handsak! Ek self gaan nog ‘n pampoen Baked Alaska opklits!