Koffie Versiering Bestandele:
60 ml Esdoringstroop
25 ml Amandel Melk
195 g Geweekte Cashew Neute(Laat week die neute oornag in kookwater)
2 tlp Kitskoffie
Koffie Versiering Metode: (maak een dag vooruit)
Plaas die esdoringstroop en amandel melk in 'n voedselverwerker. Voeg 1/4 van die geweekte neute by en versnit die mengsel.(onthou om die neute goed te dreineer vooraf)
Maak die koffie aan met ongeveer 3 lepels water en voeg dit by die neut en amandel melk mengsel. Maak seker om die neute so fyn as moontlik te kry voordat die koffie bygevoeg word.
Plaas die versiering in die yskas om te rus tot die volgende dag.
Koek Bestandele:
180g Meel (Ek hou daarvan om keperertjiemeel te gebruik)
100g Fyn Gekapte Okkerneute
3/4 tlp Koeksoda
150g Strooisuiker (Ek gebruik kokoneut suiker)
195 ml Amandel Meel
60 ml Goeie Koffie
60 ml Gesmelte Kokoneut Olie
Koek Metode :
Voorverhit die oond na 180 Grade. Berei 'n 1kg broodban voor deur dit liggies te smeer met bietjie olyfolie.
Sif die meel in 'n groot mengbak en voeg die res van die droe bestandele by (Okkerneute, koeksoda en strooisuiker.) Meng alles goed saam.
Meng al die nat bestandele goed saam (Amandel melk, koffie en olie.) Vou dan liggies die nat bestandele by die droe bestandele.
Gooi die mengsel in die voorbereide broodpan en plaas in die oond. Die koek bak vir sowat 40-50 min. Gebruik 'n tandestokkie om die koek te toets. Wanneer die tandestokkie skoon uitkom is dit tyd om die koek uit die oond uit te haal.
Laat die koek heeltemal afkoel voordat die versiering daarop gesmeer word. Plaas geroosterde okkerneute bo-op en Voilá! Geniet die koek vir teetyd saam met Ruisan Early Grey uit jou mooiste koppie en piering.