Bestandele :
1 lekker vars wit murgpampoen
1 koppie okkerneute, gekrummel
1/4 koppie neutolie
3 eetlepel kokosneut suiker( bruinsuiker sal doen as dit moet)
sout, wit peper en neutmuskaat na smaak
(As jy in jou spens sade of selfs gedroogte swart olywe het voeg by. Wees avontuurlik.
As jy nie weet van 'olyfbiltong' nie, vra vir Isabella Niehaus. Dis ’n moet in enige aspirant sjef se spens.)
Sny die murgpampoen in eetbare skywe en ranskik op jou bakplaat.(Jy kan pakpapier gebruik, dit maak altyd dinge maklker!)
Bedruip mildelik met okkerneut of enige ander neutolie.
Krummel die okkerneute oor die pampoen.
rasper neutmuskaat oor die skywe.
Strooi sout en wit peper na smaak.
Strooi kokosneut suiker en kaneel oor skywe en bak in voorverhitte oond van 108 grade vir 25 minute of tot pampoen skywe goudbruin gebak is.