6-8 medium grote appels( ek het rooi boord appels gebruik)
1 koppie koue water
1 koppie suiker ( ek het kokosneutsuiker gebruik)
1 ½ teelepels suurlemoensap
Sny die appels in stukke, ja Skattie, skil-en-al want die pektien help met die verdikking van die stroop.
In jou voedselverwerker, puree die appels en water. Hou dit ‘n lekker tekstuur- nie te fyn nie.
Skei die sap en die pulp met behulp van ‘n sif/neutmelksak/kaasdoek sif
Jy behoort so twee koppies sap te hê. ( ja, ek weet, ek weet, daar is ‘n kortpadmanier, gebruik organiese appelsap!)
Bring die appelsap,suurlemoensap en die suiker in ‘n pot enbring tot kookpunt. Bring dadelik af na matige hitte. Oppas vir oorkook!
Laat die vloeistof afkook (+- 20 min -tot jy tevrede is met die digtheid van die stroop.
Eksperimenteer tydens die afkoop periode deur roosmaryn,tiemie of ‘n knippie Franse kruie by te voeg. Ek het self eenkeer lemoen en lemmetjieskil bygevoeg. Heerlik, man, heerlik!