Oogwink

Die Internasionaal bekende kunstenaar, Louis Jansen van Vuuren, stal in Maart 2014 by Distel se nuwe Oude Libertas galery uit. Die tentoonstelling van onlangse werk is saamgestel uit vier verskillende tematiese reekse:

Oogwink is ’n versameling uiteenlopende portrette van mense wat die kunstenaar inspireer het om hulle energie te probeer vasvang – die meester en sy muse. Met dié werke poog die kunstenaar om met ’n eiesoortige kleurgebruik en dinamiese tegniek verby die bloot waarneembare werklikheid te beweeg na ’n ruimte waarin dieper elemente van die persoonlikhede weerspieël word. Die reeks bestaan uit werke in olie op linne, olie en akriel op doek, pasteltekeninge en gemengde medium. Die skaal wissel, van ’n reusagtige 1.5m x 1.7m na ’n miniatuur skaal van 9cm x 9cm.

Uit die tuin van stilte is ’n reeks wat bestaan uit natuur-studies, beide alfresco en verbeeldingryk saamgestelde stillewes. Die purper iris is die ster van die reeks wat vergestalt in werke met ’n titel soos: Vir Irma en Vincent. Hier verwys die kunstenaar na die gelaaide ekspressionisme van beide Vincent van Gogh en Irma Stern vir wie se oeuvres hy groot bewondering het.
 

X